Hangvlieg: Verlamde Vra Beheer
Erika Gibson
Die Burger
Maandag 23 Februarie 2015
Hangvlieg: Verlamde Vra Beheer
Vrou eis meer as R20.m en regulasies
‘n Britse vrou wat in ‘n hangvliegongeluk in Hermanus verlam is, veg in die appelhof om die wet verander te kry “sodat daar nie meer slagoffers van ongereguleerde avontuur sport sal wees nie”.
Diane Bewick (45) eis meer as R 20 miljoen van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) en die hangvliegvereniging omdat hulle nie verseker het dat die operateur by wie sy ‘n tandemhangvlug gedoen het aan die regulasies voldoen nie.
Sy het al ‘n skikking met die operateur bereik en die hooggeregshof het in haar guns beslis oor die eis teen die BLO en die vereniging. Dit is teen die uitspraak waarteen die twee liggame nou appelleer.
Die ongeluk het in die Paasnaweek van 2004 gebeur . Net nadat hulle opgestyg het , het die tuig se vlerke in sterk wind ingevou en die vlieënier. Rob De Villiers – Roux van Airteam and Adventure Africa , het terruggeswenk in die rigting van die kranse.
Bewick het haar bene uitgestrek om die impak te verminder en albei gebreek. Sy her ure lank hulpeloos gelê en wag op ‘n geskikte helikopter om haar hospitalal toe te neem. Weens ‘n rugmurgbeseering kon sy nooit weer loop nie.
Bewick glo die operateur moes besef het die weer is te sleg om te vlieg.
“Naweke gaan tientalle niksvermoedende toeriste vir hangvlugte van Leeukop na die strandfront. Die toeriste het geen waarborg dat hulle in ‘n veilige tuig en deur ‘n behoorlik gekwalifiseerder operateur vervoer gaan word nie,” sê haar prokureur , Tzvi Brivik.
As die Appélhof in Bewick se guns beslis, sal dit volgens Brivik verreikende gevolge vir sportvlieggeesdriftiges in Suid- Afrika inhou.
Wetgewing laat hangvlieg met ‘n tandem passassier toe, maar nie teen betaling nie. Maar Bewick sê omdat daar nie behoorlike regulering is nie, word sulke vlugte teen betaling ooglopend toegelaat en operateurs neem nie behoorlike versekering teen ongelukke uit nie.
“Die BLO het geen voorskrifte vir of beheer oor waar die hangvlieëniers spring of hoeveel opleiding en ervaring hulle moet hê voordat hulle passasiers aanvaar nie. Winsbejag is dus die hoofoogmerk eerder as behoorlike opleiding, lisensiëring en vliegveiligheid , sê Brivik.
Die owerheid vergelyk egter in sy hofstukke die situasie met iets soos ‘n taxi- ongeluk . ‘n Taxivereniging sien toe dat die bestuurders rybewyse het.
As iemand egter nalatig is en in ‘n ongelisisensieerde bestuurder se taxi vasry, kan die vereniging nie aanspreeklik gehou word vir ‘n passasier se beserings nie.
The current position on objections to the con/arb process
Con/arb process - The Commission for Conciliation, Mediation[...]
Out of time? Think again – The CCMA and its rules
By Lara Keil (Candidate Legal Practitioner) under the[...]
RAF’s lodgement requirements: Claimants further prejudiced
By Lara Keil (Candidate Legal Practitioner) under[...]