Survivors Wen Eindelike
Wednesday 1 Oktober 2014
Hulle mag na Faure crash eis
Agt sekondes het die verskil gemaak tussen lewe en dood in die Faure treinongeluk in 2006.
Regter Steven Majiedt het in die Bloemfonteinse appélhof bevind as die trein op 13 November 2006 teen 40km/h gery het, sou dit betyds kon stop om die botsing met ‘n lorrie vol plaaswerkers te vermy.
Om teen 40km/h oor die Croydon – oorgang te ry, pleks van 90km / h , sou die rit met net agt sekondes verleng het.
Altesaam 19 mense is dood en 12 beseer nadat ‘n plaaslorrie op die oorgang gaan staan het en deur die trein getref is.
‘n Saak om skadevergoeding is deur twee oorlewendes , Caroline Jacobs en Primilda Hendricks , teen Metrorail en die Suid Afrikaanse Spoor – en – Pendelkorporasie aanhangig gemaak.
Dit was ‘n toetsaak vir ander hangende sake teen die respondente.
Verskeie oorlewendes het destyds in die Kaapse hooggereshof getuig, maar regter Thandazwa Ndita het hul aansoek in Julie verlede jaar van die hand gewys.
Sy het egter verlof tot appél toegestaan.
Majiedt het nou die vorige uitspraak ter syde gestel en in sy uitspraak in die appélhof gesê die ongeluk is veroorsaak deur Metrorail se versuim om die snelheidsperk van 90kn/h vir die betrokke spoorgedeelte, wat die hof as “buitensporig” bevind het , te hersien en tot 40km/h aan te pas. Majiedt het Metrorail se argument dat die oorgang net met “n boom en flitsende ligte opgegrader kan word as daar drie ongelukke oor vyf jaar is , as onredelik en onverantwoordelik beskryf .
“Om letterlik te wag vir ‘n ongeluk om te gebeur voordaat veiligsheidsmaatreëls in gestel word, is uiters nalatig ,” het Majiedt bevind.
Die spoedgrens by die oorgang is ná die ongeluk na 40km /h aangepas.
Die respondente is gelas om die regskoste te dra.
Hendricks se regsverteenwoordiger , Tzvi Brivik van Malcolm Lyons & Brivik Ingeslote, het gesê Metrorail het misluk om die publiek teen leed te beskerm, juis omdat daardie spesifieke spoorgedeelte “swak beheer” was.
“Die oorlewendes van hierdie tragedie sal nou op vergoeding geregtig wees.” Brivik het gesê daar is twee groepe eisers : diegene wat beserings , opgedoen het ( en dus mediese uitgawes het ) en diegene wat ‘n broodwinner verloor het.
Die bedrag wat albei groepe kan eis sal nou bepaal word en aan die respondente (die spoorowerhede ) deurgegee word.
Volgens Brivik sal die slagoffers hul eise in die hooggeregshof moet bewys: “ Dit sal waarskynlik eers oor ‘n jaar of 18 maande aangehoor word.”